Patensie Guest House and B&B - Ferreira Family History

Gamtoos B&B
& Self Catering

Patensie
Hosts - Rochelle or Hildie
Gamtoos B&B - 063 159 5003
Rochelle - 083 496 0292
Hildie - 0721 457 644
radie@gamtoosbb.co.za

Ferreira Poskontrakteur 1800`s

Daar was groot ontevredenheid oor die posstelsel en die Kaapse Goewerneur, die Graaf van Caledon (1777-1839), het in 1809 `n eenmanskommissie van ondersoek na die posstelsel laat doen. Dit het daartoe gelei dat `n nuwe posstelsel ingestel is waarvolgens poshouers, gewoonlik inwoners wat langs die vaste posroetes gewoon het, teen vergoeding die pos na die volgende poshouer op die roete vervoer het. Stephanus Ferreira (1773-1840) was een van die eerste poshouers wat die pos van Pletenbergbaai na die Langkloof en daarna na Uitenhage en Graaff-Reinet vervoer het. In 1827 is die stelsel van poshouers verander is na poskontrakteurs wat die vervoer van pos op `n vaste grondslag geplaas het. Hy was tot 1836 verantwoordelik vir die vervoer van die pos oor `n gedeelte van die roete tussen George, via die Langkloof na Port Elizabeth, Uitenhage en Suuranys.

Op 18 Augustus 1830 het Stephanus aan die Posmeester-Generaal geskryf dat pos tien uur laat was omdat `n perd op die roete tussen Uitenhage en George gevrek het. Op 9 Januarie 1832 meld hy dat `n posperd in Oktober 1831 in `n drif naby Jagersbos met saal en toom versuip het. Op 22 Mei 1836 is `n posvertraging veroorsaak tussen Avontuur en George omdat die posperd met die posvrag op sy rug gevrek het en hy geen perd te huur kon kry nie en hy self die pos op sy rug moes dra!

Stefanus was nie net die poshouer en later die poskantrakteur in die Langkloof nie, maar hy het vanaf 1821 ook `n pont oor die Gamtoosrivier op sy plaas daar, Klipheuwel, bedryf. Hy het ook vanaf 1827 vyf regeringsponte in die Langkloof teen `n jaarlikse vergoeding van 5 pond 15 sjielings beheer.

Hy was ook die veldkornet van sy gemeenskap.

In 1829 het die reisiger M A Smuts en sy geselskap Klipheuwel besoek. Daar het hulle “…goed logies en een goed avondmaal (ge) vonden….” Volgens Smuts wou dit voorkom asof al die Ferreira`s “…een bijzondere droge kele schijnen hebben….”, want “…geheele avond discours rouleerde over wijn, brandewijn en jenever en vader en zoon namen er hartlijk deel in…”!!!

Compiled by C.R. (Radie) Ferreira